Bierbrood

Bestandele 

1 botteltjie warm bier (die gis werk beter as die bier warm is)

500g bruismeel (self raising flour)

5 ml sout

Metode 

Meng die bestandele goed deur, skep in 'n gesmeerde broodpan of swartboompot, en bak tot gaar. So +/- 1 uur by 180 grade C in die oond. Oor die kole sal dit afhang van hoe warm jou kole is. Moenie te warm kole bebruik nie, pak die kole rondom die pot, nie direk onder die pot nie, en sit 'n paar kole op die deksel.

 
Make a Free Website with Yola.