Chillie Burgers en Chillie Aartappel Wedges 

Bestandele
750 g maalvleis (Bees)
2 knoffel huisies fyn gestamp
30 ml chilli sous
3 spring onions, fyn gekap (kan nou nie onthou wat dit in afrikaans is nie)
45 ml gekapte koljander blare
sout na smaak
vars gemaalde swart peper na smaak
50 g mozzarella kaas in kwarte gesny
olie om mee te verf
4 hamburger rolletjies


CHILLI AARTAPPEL WEDGES
4 aartappels gewas
60 ml olyf olie
2 ml sout
5 ml chilli poeier
250 ml suur room

Metode:

Burgers

Meng maalvleis, knoffel, chillie sous, spring onions, koljander, sout en peper in ‘n bak todat dit aanmekaar vas sit. Verdeel in 4 ewe groot gedeeltes en vorm rondom die mozzarella kaas, maak bietjie plat om ‘n burger te vorm.

Wedges

Voorverhit oond tot 220 ºC. Sny aartappels in 8 wedges elk, sit in bak en voeg olie, sout en chillie poeier by, skud sodat aartappels bedek is. Sit in bak plaat en bak todat gaar, omtrent 20 min, bedien saam met suur room.

 
Make a Free Website with Yola.