GEBAKTE AARTAPPELS

 

Gebruik middelmatige tot groot aartappels. 

Prik hulle met ‘n vurk om te voorkom dat hulle bars. 

Bak in ‘n warm oond by 220C vir 40-50 minute lank. 

Rol dit saggies heen en weer in ‘n doek tussen die hande net voordat dit opgedien word, om dit melerig te maak. 

Sny ‘n kruisie bo in die aartappels en druk hulle effens sodat ‘n bietjie bo by die opening uitkom. 

Sit ‘n klontjie botter bo-op.

 

 
Make a Free Website with Yola.