Gerookte Snoek Koekies

Bestandele

gevlokte gerookte snoek (omtrent soveel as wat ‘n blikkie vis is)

1 groot grof gerasperde ui

1 eier

hand vol gekapte koljander blare

sout

peper

ongegeurde brood krummels

+/- 100g meel

olie vir bak

Metode

Meng al die bestandele behalwe die broodkrummels en die olie, moenie die vis te fyn maak nie, as die beslag te nat is gebruik nog bietjie meel, as dit te droog is, gebruik nog ‘n eier. Vorm koekies wat net so groot is soos die patatkoekies, bedek met die broodkrummels en bak in vlak olie tot gaar en bruin.

 
Make a Free Website with Yola.