Groentesop uit Sarie 

Bestandele

  • 2 uie, in skywe gesny
  • 3 huisies knoffel, fyngekap
  • 30 ml botter
  • 50 ml olyfolie
  • 8 wortels, in blokkies gesny
  • 4 selderystokke, gekap
  • 2 groot aartappels, geskil en in blokkies gesny
  • 1 blik gekapte tamaties
  • 2 lourierblare
  • 10 ml droë gemengde kruie
  • 20 g tamatiepasta
  • 2 ½ liter water
  • sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

     

  • Metode

    Verhit die botter en olie in 'n groot kastrol. Braai die uie en knoffel saam tot sag, maar nie bruin nie. Voeg die wortels, seldery en aartappels by. Braai die groente saam vir so 10 minute. Voeg die geblikte tamatie, tamatiepasta, lourierblare, gemengde kruie en water by. Geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Bring tot kookpunt en laat stadig kook vir minstens 6 ure. Vul aan met water indien nodig.

  • Potjie se Kommentaar

    My persoonlike probleem met die resep hierbo is dat daar geen vleis in die sop is nie, ek sou 'n paar stukke beesnek of skeen bietjie bruinbraai saam met die uie en knoffel, en dan die res van die bestandele byvoeg, en dan lank kook, kook tot die vleis los van die been is, en kry 'n lekker broodjie reg om saam met die sop te eet.

    As jy nie 6 ure het om sop te kook nie, gebruik 'n druk koker, en jaag hom aan, soms wil mens darm sop in die week ook kook.

  •  
    Make a Free Website with Yola.