Kerrie Vis (Uit Kook Suid Afrikaans)

Vis

1 kg witvis (soos stokvis) In porsies gesny, ontvel en ontbeen

sout en wit peper

koekmeel

50ml olie vir vlakbraai

Kerriesous

15 mℓ olie

3 Uie in ringe gesny

15 mℓ matige kerriepoeier

5 mℓ borrie

30 mℓ bruinsuiker

2 mℓ sout

375 mℓ asyn

60 mℓ water

2 lourierblare

30 mℓ appelkooskonfyt

Sout en varsgemaalde swartpeper

Metode

Strooi sout ep peper oor die vis, bedek elke stukkie vis met meel. Verhit die olie in ‘’n swaarboom pan en braai die vis tot deurgaar en goudbruin aan beide kante, dreineer op kombuispapier.

Verhit olie vir kerriesous, sorteer uie tot deurskynend, so +/- 3 minute

Voeg die kerriepoeier, borrie, bruinsuiker en sout by en roerbraai liggies

Voeg die res van die bestandele by en brin tot kookpunt

Verlaag hitte en prut vir 10 minute

Skep vis en kerriesous afwisseling in lae in ‘’n diep glasbak

Bedek met kleefplastiek en marineer vir ten minste 3 dae in yskas

Om die vis in bottels in te lê, gooi vis in gesteriliseerde flesse en gooi die kerriesous kokenk warm oor die vis, vul aan met eksta asyn as die bottels nie tot bo vol is nie, as dit baie is wat jy moet opvul, sal ek aanbeveel dat jy asyn en suiker saamkook en dit daarmee opvul, anders kan dit baie suur wees. Verseёl die vlesse, bewaar in yskas en gebruik binne ‘n maand.

(Die resep kom uit Kook Afrikaans, saamgestel deur Karin Behm-Joubert)

 

 
Make a Free Website with Yola.