LEPEL BROOD

 

450     ml        Melk

300     ml        Mieliemeel

4                      Eiers, geskei

50        ml        Margarien, gesmelt

5          ml        Sout

 

 

METODE

 

Verhit die oond tot 180ºC

Smeer ‘n diep oond pan en smeer met margarien

Verhit die melk tot kookpunt

Verwyder van die hitte en roer die mieliemeel geleidelik by tot glad

Plaas terug op die hitte en laat kook tot die mengsel verdik het

Roer elke nou en dan

Voeg die sout asook gesmelte margarien by

Verwyder van die hitte en laat heelwat afkoel

Klits die eiergele en vou die mengsel in

Klits die eierwitte styf en vou ook by die mengsel

Skep in die voorbereide bak en bak 35 – 40 minute lank of tot gaar

Dien warm op saam met botter

 

 
Make a Free Website with Yola.