Patat Koekies

Bestandele 

500g fyn gerasperde patat

1 teelepel droё uie flokkies

¼ koppie meel

1 groot eier

Sout na smaak

peper na smaak

knippie kaneel

olie vir bak

Metode

Meng al die bestandele behalwe die olie en vorm  mooi ronde koekies , as die beslag te droog is gebruik nog ‘’n eier, bak in die olie tot bruin, die olie moet nie so warm wees soos vir aartappelskyfies nie, anders gaan die koekie binne rou en buite verbrand wees.

 

 
Make a Free Website with Yola.