Piesang Kerrie Beesstert

Bestandele

1 Beesstert in skywe gesny

2 Uie

Swart Peper

Sout

Kerriemengsel (besluit of jy kerrie poeier of jou eie mengsel gaan gebruik)

As jy gewone kerriepoeier gebruik vul aan met bietjie koljander/cumin/borrie

3 Loerier Blare

4 Proot Piesangs

Hand vol wortels opgesny

15 Klein aartappeltjie geskil

Olyf Olie

2 Glase Rooiwyn

Metode:

Braai die beesstert stukke in bietjie olie tot lekker bruin en verwyder uit die pot, voeg jou speserye by (behalwe die sout) die olie en dan die uie en braai tot die uie bruin gebraai  is.

Onthou die speserye gee hulle meeste geur af as dit in die hitte van die olie gebraai word en baie minder as dit in vloeistof gegooi word na die tyd, daarom braai ons die speserye voor ons die vleis en die vloeistof byvoeg.

Voeg die rooiwyn by en krap enige iets wat aan die pot se boom vassit los, voeg jou vleis by, asook die piesangs en die wortels, voeg sout na smaak by. Die wortels gaan meestal fyn kook en help om die vleis sag te maak en die piesangs gaan heeltemal fyn kook en die sous lekker dik maak.

Sit die stoof stadig, of krap kole weg onder pot, die pot moet net prut, laat die pot vir so 1 ½   tot 2 uur prut, voeg dan die aartappels by, kook tot aartappels sag is, die vleis behoort nou ook lekker sag te wees. Voel of die vleis al redelik sag is voor jy die aartappels bysit en hou die vloeistof in die pot dop, moenie te veel vloeistof nog byvoeg nie, maar as die pot bietjie droog begin word, kan jy bietjie water bygooi.

Bedien met rys, as jy nie in die Kaap woon nie, kan jy seker pap ook daarby eet, ek sal nie weet nie, ons eet nie pap in die Kaap nie.

 

 
Make a Free Website with Yola.