RYS SLAAI

 

500     ml        Rys (rou)

2                      Knoffelhuisies (fyngedruk)

                        Olie

500     ml        Mayonaise

820     g          Perskes (skywe gedreineer)

2                      Groen soetrissies (in ringe gesny)

2                      Uie (in ringe gesny)

50        ml        Kerriepoeier

60        ml        Blatjang

 

METODE

 

Kook die rys in soutwater tot sag

Dreineer die rys en laat afkoel

Soteer die soetrissie, knoffel en uie in die olie tot sag

Voeg kerriepoeier by en braai vir 1 minuut

Voeg die mayonaise en blatjang by

Meng die kerriemengsel, perskesskywe en rys saam

Skep in slaaibak

Verkoel tot voor opdiening

Dien op saam met koue vleis of braaivleis

 

 

 
Make a Free Website with Yola.