Salmon Koekie op Aartappel Koekie
Vir die Aartappel Koekie:
3 Groot Aartappels
1 Eier
2 Skeppe gekapte peppadews
Melk
Sout en Peper
Vir die Viskoekie
1 Blik “Fancy” pienk Salmon
1 Eier
2 Eetlepels Meel
1 Groot gerasperde ui
Vars Koljander Blare
3 Eetlepels coconut melk
Knippie Cumin
Knippie Neut
Sout en Peper
Broodkrummels
Vir Extra
Groot bruin sampioene
Klein (button) sampioene
Rooi ui
Teelepel Kappertjie saad
Bietjie coconut Melk
Een teelepel meel
Metode:
Om die aartappel koekies te maak
Kook geskilde aartappels tot net gaar, breek met vurk in growwe stukke, meng met uier, peppadews, en klein bietjie melk, voeg sout en peper na smaak by, bak to goud bruin in muffin pannietjies, of iets soortgelyk, teen 180 grade.
Viskoekie
Meng al die bestandele behalwe die broodkrummels, vorm koekies en rol in brood krummels, bak in vlak olie oor medium hitte, tot die krummels ‘n mooi goue kleur het.
Extra
Breek die stingel van die groot bruin sampioen uit, sonder om die sampioen te breek, braai in botter tot gaar.
Sny rooi ui in dun skywe, braai in olie, voeg “button” sampioene en kappertjie saad by, braai alles tot gaar, voeg so 5 eetlepels van die coconut melk by, en klein bietjie meel (so 1 teelepel) laat verduk, en kook goed deur.
Rangskik viskoekie, dan bruin sampioen bo op, viskoekie bo op die sampioen en gooi die sampioen, rooi ui en kappertjie saad sous bo oor.