Volstruisnek Bredie

Bestandele:

1 Kg Volstruisnek

1 stuk varkspek in blokkies gesny

2 Groot Ui in skywe gesny

4 tot 5 Aartappels in kwarte gesny

2 Wortels in ringe gesny

1 koppie rooiwyn

½ koppie beesaftreksel

Long pepper of swart peper

Sout

30 mℓ olyfolie

1 teelepel droё koljander blare of hand vol gekapte vars koljander

1 teelepel droё tiemie of hand vol gekapte vars tiemie

½ teelepel Gemaalde Koljander

⅛ teelepel Gemaalde Neut

3 Naeltjies

2 huisies knoffel

2 tot 3 loerierblare

3 tot 4 anchovie fillets

Metode:

Verhit olie in swaarboom pot, braai uie en in pot tot deurskynend en verwyder met gaaitjies lepel uit pot. Braai die volstruis nek stukke tot bruin, voeg die varkspek, anchovies, wortels  en uie by en braai nog ‘n minuut of twee. Voeg die res van die bestandele behalwe die aartappels by, bring tot kookpunt. Verlaag die hitte sodat die pot net prut, laat prut vir so 1 ½ uur, voel of die vleis al sag is, indien so, voeg die aartappels by en prut tot sag.Indien nog vloeistof benodig word gedurende die kookproses, voeg bietjie water by, maar wees versigtig om nie te veel water by te voeg nie. Bedien met rys.

 

 
Make a Free Website with Yola.