Polska Kielbasa Pasta Sous
Bestandele
2 Blikke gekapte tamaties
1 Handvol Polska Kielbasa wors in skywe gesny (Verkieslik van Rudi’s Sausage deli)
1 Skud olyf olie
1 koppie rooiwyn,
10 ontpitte fyn gekapte groen olywe
Swart peper na smaak
Sout na smaak
Paar knippies origanum
Metode
Gooi alles in ‘n pot en kook lekker deur, tot die geure goed gemeng is, en die sous lekker dik begin lyk, bedien op jou gunsteling pasta.